Die gras is groener waar Agrico ploeg

Bianca Henning – ProAgri

Die dag toe Agrico se werktuie op Rustgevonden naby Ventersburg in die Vrystaat voet aan wal gesit het, is ՚n toppunt in grondbewerking bereik. Thys Delport boer sedert 1968 op Rustgevonden. Hy is ՚n ware ambassadeur vir Agrico-werktuie omdat hulle ՚n kernrol in die sukses van sy plaas speel.

Thys het sewe Agrico-spilpunte waarvan die oudste een al vir 37 jaar getrou werk. Hy besit ook ՚n HSD 630 hoëspoed-skotteleg en ՚n splinternuwe T1000-skeurploeg. Thys boer met mielies, suikerbone en koring.

Agrico HSD 630-skotteleg

Die Agrico-skotteleg op Rustgevonden is 4 meter breed en werk teen ՚n diepte van 160 mm. Die werkdiepte is verstel-
baar met ՚n pen-in-gat-meganisme op die roller. Die eg werk natuurlik die beste teen hoë spoed, want dit is waarvoor dit ontwerp was — hoe dan anders!

“Die HSD bewerk heel doeltreffend 35 ha per dag teen tussen 12 en 13 km per uur met ՚n 120 kW trekker. Die werktuig doen die werk wat dit veronderstel is om te doen heel gemaklik en akkuraat. Die wortelontwikkeling van die plante getuig hiervan. Dit is alles te danke aan die geoptimaliseerde skottelkonfigurasie wat Agrico vervolmaak het,” verduidelik Thys.

Die voordele van die HSD wat hy uitlig sluit in:

  • Verbeterde brandstofverbruik
  • Tyd- en kostedoeltreffendheid
  • Akkurate werksverrigting
  • Waarde vir geld

“Jy kan duidelik sien dat die HSD plaaslik ontwerp en vervaardig is,” verklaar Thys. “Agrico gebruik gevorderde materiaal en die beste vakmanskap.Die werktuig is ratelsterk, maar ook eenvoudig om op te stel en te gebruik.

“My verhouding met Agrico het vyftig jaar gelede begin toe ek besproeiing op my plaas nodig gehad het. Onlangs het ek Agrico-werktuie tot my boerdery toegevoeg en ek sal elke boer aanraai om dieselfde te doen.”

T1000-skeurploeg

Een van die grootste voordele van die T1000-skeurploeg is sy doeltreffende werking. Die geometriese ontwerp
verseker goeie stoppelvloei en keer dat dit verstop omdat geen materiaal aan die tande klou of tussen die tande en
die balk vasgevang word nie. Daar is dus geen onnodige stoppery om ver- stoppings te verwyder nie.

Skeurploegbewerking maak dit makliker vir reënwater om in die grond in te dring sonder om erosie
te veroorsaak.

“Reënwater deurdring die grond dieper en stel plante in staat om langer sonder reën te oorleef,” verklaar Thys.

Grondbewerking met die T1000 bevorder ook sywaartse wortelgroei wat verseker dat gewasse voedingstowwe
en vog verder kan gaan haal en beter kan absorbeer.

Die ideale werkdiepte van die Agrico T1000-skeurploeg is tussen 400 mm en 630 mm, afhangende van die omstandighede en die grondbewerkingsmetode.

“Thys ploeg tot ՚n diepte van 450 mm om die verdigtingslaag op te breek. Een van die voordele van Agrico se T1000 is die uitstekende manier waarop materiaal tussen deur die tande vloei sonder om te verstop,” sê Christo Hepburn, takbestuurder van Agrico in Bethlehem.

Die T1000 is beskikbaar in modelle van 1 tot 17 tande, en met rame tot 8,5 meter breed. “Agrico se skeurploeë staan kop en skouer uit bo hulle mededingers, want die raamwerk is pasgemaak vir my behoeftes en die tande bestaan uit hoësterkte materiaal wat langer hou,” sê Thys.

Thys waardeer dat hy regstreeks met Agrico se kundiges kan werk. “Wat vir my die meeste uitstaan van Agrico, is
hulle beskikbaarheid, duursaamheid, gehalte, naverkoopdiens en veral Agrico se integriteit,” sluit hy af.

Christo is die Agrico-kontakpersoon op wie se nommer Thys druk. Hy is net so opgewonde soos Thys oor die werksverrigting van Agrico se werktuie.

Related articles

New Agrico trucks added to vehicle fleet

We are excited to announce that four brand new Agrico tautliners are on the road. These new additions to our fleet will further enhance our logistical capabilities and ensure that the optimal irrigation solution is making its way to you. Take alook at some photos of these behemoths!

Read More »

The Agrico family branches out to Robertson

We are pleased to announce that  Waterfall Irrigation in Robertson will be joining Agrico, with effect 1 November 2023.  We intend to add value in Robertson by providing a complete product range, solid technical support and long term corporate stability.

Read More »

Pineapples live the sweet life with Agrico irrigation project

The rich soil of Norsa farm provides the perfect growing spot for pineapple. But with a significant height difference between the water source and crops, designing an efficient irrigation system is not a straightforward task. In 2016, Rhodes food group entrusted the irrigation giant Agrico to design an irrigation system for the cultivation of pineapples here.

Read More »

Load capacity drive solar irrigation project near Tzaneen

The need to improve load capacity and mitigate energy costs was the primary catalyst behind the recent installation of a solar energy system near Ohrigstad. Agrico Tzaneen wanted to ensure their client Cor Cross enjoyed uninterrupted irrigation and minimal crop and yield losses. With some help, they pulled off a solar system which achieves exactly this. 

Read More »