
We are excited to add Aqua Nyoni (Aqua Drip) to our family
Agrico is proud to announce the acquisition of Aqua Nyoni (also known as Aqua Drip), a highly successful irrigation business based in Empangeni and Pongola within KwaZulu Natal.
Grethe Bestbier
Die Agrico Tzaneen-span het hierdie naweek hul hande behoorlik vuil gemaak vir liefdadigheid by hierdie jaar se Dirt Dash.
Die Dash, bestaande uit ’n reeks hindernisse wat vereis dat spanne moet spring, kruip en hardloop deur die modder, word aangebied deur die Tzaneen Care Group ter ondersteuning van kankerpasiënte.
Meer as 240 deelnemers spanne het hierdie jaar ingeskryf vir die dag, wat plaasgevind het op Saterdag 21 Mei. Talle toeskouers het die spanne, wat wissel vanaf die jongspan tot die oud en ervare, entoesiasties geondersteun.
Volgens Marius van Rensburg, takbestuurder van Agrico Tzaneen, was dit vet pret vir ‘n goeie doel.
“Dit was baie ’n lekker geleentheid vir spanbou en saamlag!” se Marius.
Spanne het bestaan uit twee tot ses lede, en is aangemoedig om lawwe spandrag aan te trek en ’n kreet vir die span uit te dink. Die Agrico-span het besluit om groen te gaan. Van kop tot tone, met grasgroen hare en kniesokkies, het sewe dapper siele die modder aangepak.
Al die dag se opbrengste word geskenk vir die verwesenliking van die Tzaneen Care Group se visie en missie in terme van sorg, bystand en ondersteuning. Hierdie nie-winsgewende organisasie bestaan uit ‘n groep vrywilligers wat omsien na die behoeftes van kankerpasiënte, veral terminaal siekes.
Hul doelwit is om ‘n veilige hawe te bied vir terminaal siek kankerpasiënte, met opgeleide personeel en verwyder vanaf ’n hospitaalomgewing. Hier kan pasiënte hul laaste dae saam met familie en vriende deurbring.
Besoek gerus tzaneencaregroup.co.za vir meer inligting of om ’n donasie te maak.
Agrico is proud to announce the acquisition of Aqua Nyoni (also known as Aqua Drip), a highly successful irrigation business based in Empangeni and Pongola within KwaZulu Natal.
Die Agrico Tzaneen-span het hierdie naweek hul hande behoorlik vuil gemaak vir liefdadigheid by hierdie jaar se Dirt Dash, aangebied deur die Tzaneen Care Group ter ondersteuning van kankerpasiënte.
A veteran of the PVC industry, Peter Ker-Fox sold his first PVC pipe in the 1990s. In January 2022 he joined the Agrico team to help it serve a broader market.
Agrico Tzaneen kon die maand bydra tot die plaaslike gemeenskap deur die drupbesproeiingstelsel van ’n nuwe bloubessietonnel by Hoërskool Merensky te installeer.
Andries Groothof, the third-generation farmer of Adaja Boerdery, near Settlers in Limpopo firmly believes that blooming where you are planted is the key to his farming success.
Met talle plaaslike uitstallers, dosyne bywoners uit die omgewing, ’n groot veiling en 36 skape op die spit, was Hoërskool Brits se jaarlikse knipmesbraai was hierdie Woensdag weer ’n groot sukses.