Kyk hoe wen F&R Boerdery met Agrico: LEPA-besproeiing kos minder en presteer meer

–  Bianca Henning, ProAgri

‘n Lus vir die oog is die welige groen gewasse langs die hoofpad na die Noorde. Een van die boerderye wat hierdie pragtige groen gesig vir reisigers moontlik maak is F&R Boerdery van Frans en Reint Dykema, en hulle doen dit met besproeiing van spilpuntmarkleier Agrico.

Die begin van F&R Boerdery

Die Dykemas is besproeiingsboere langs die Pienaarsrivier in die Warmbad-distrik. Onder die naam F&R Boerdery boer hulle hoofsaaklik met mielies, koring en sojabone, met 1 600 ha onder besproeiing.

“Ons pa het 40 jaar gelede hier begin boer, toe was hier niks. Hier was geen spilpunte of selfs landerye op die plaas nie; dit was net bos. Sedert 2007 het ek en my broer Reint, stadig maar seker die leisels begin oorvat. Vandag staan ons boerdery bekend as F&R Boerdery, waar ek en my broer saam die saaiboer-dery behartig,” vertel Frans.

“Ons het onlangs ook uitgebrei en gediversifiseer met bessies, waar ons brame en apelliefies plant,” voeg Frans by.

“Sonder water en doeltreffende besproeiingstelsels kan ons boerdery nie floreer nie. Ons haal twee oeste af per jaar, en as jou kunsmis en water nie tydig en akkuraat toegedien word nie, mag jy moontlik met jou hande in jou hare sit na ՚n seisoen.

In 2020 het die broers hande gevat met Agrico om ՚n nuwe projek op die plaas aan te pak.

“Oor die jare heen het ons gebruik gemaak van verskeie spilpunt-handelsmerke, maar met hierdie projek het ons besluit dat ons ՚n kopskuif gaan maak na Agrico toe,” vertel Frans.

LEPA-besproeiing: minder krag, minder verdamping en minder onderhoud

‘n Gedeelte van die gewasse, sowat 182 h, is tans onder LEPA-besproeiing.

“Ek was aanvanklik skepties oor al hierdie lang pype en nuwighede, maar namate die span van Agrico Brits en Nylstroom met die projek gevorder het, was ek aangenaam verras.

“Die eerste keer toe ek by die nuwe pompkamer kom, het ek geen lawaai gehoor soos waaraan ek gewoond was nie. Dit het amper onwerklik gevoel.

“Die kragbesparing in vergelyking met die ander spilpunte is enorm. Ons het ՚n besparing van ongeveer 40% op ons kragverbruik met die LEPA-stelsel.”

Wat is LEPA?

LEPA – lae-energiepresisietoediening. ՚n LEPA-pakket plaas die water nader aan die grondoppervlakte om verdamping en waterverlies deur wind drasties te verminder. Omdat LEPA-sproeiers teen ՚n lae druk werk, bespaar dit ook elektrisiteit.

Frans lig die grootse voordele van LEPA-besproeiing vir hulle boerdery uit:

Aan die voorpunt is laer kragverbruik. Kort op dié voordeel se hake is verminderde waterverbruik weens die groot druppels, minder verdamping, minder onderhoud en slytasie aan die pompe as gevolg van die lae spoed en lae druk van die stelsel. Frans ondervind ook dat die spilpunt minder vassteek. Dit beteken minder staantyd en meer besproeiingstyd. Hulle stoot ook vloeibare kunsmis deur die nuwe LEPA-stelsel.

“Nog ՚n voordeel vir ons van Agrico se besproeiingstelsel, is die webbeheerstelsel wat saam met die LEPA-stelsel gekoppel is,” voeg Frans by.

As een spilpunt vroeër klaarmaak as ’n ander op dieselfde pyplyn, dan word die die water outomaties afgesluit. Die spoed van die pompmotor en spilpunt kan vanaf die aanlyn-beheerstelsel beheer en gereguleer word. Jy kan ook jou water se druk en spoed beheer met ՚n eenvoudige program wat jy vir die spilpunt skryf.

“Uit ՚n bestuursoogpunt maak dit die lewe soveel makliker! Ek kan alles reguleer en moniteer vanaf enige plek ter wêreld,” sê Tyler Hillbrook, plaasbestuurder by F&R Boerdery.

“Oor die diens wat ons vanaf Agrico kry, kan ons werklik nie kla nie. Dit is so lekker om te weet dat dit wat ons nodig het beskikbaar is, en dat die verteenwoordigers altyd daar is om te help en ondersteun waar hulle kan. Van dag een af was die Agrico-span toegewyd om ons te help – vanaf die ontwerp regdeur oprigting tot naverkopediens. Jy hoef nie te wag nie. Hulle weet goed dat ՚n besproeiingsboer nie hou van wag nie of dit kan bekostig nie,” sluit Frans af.

Related articles

New Agrico trucks added to vehicle fleet

We are excited to announce that four brand new Agrico tautliners are on the road. These new additions to our fleet will further enhance our logistical capabilities and ensure that the optimal irrigation solution is making its way to you. Take alook at some photos of these behemoths!

Read More »

The Agrico family branches out to Robertson

We are pleased to announce that  Waterfall Irrigation in Robertson will be joining Agrico, with effect 1 November 2023.  We intend to add value in Robertson by providing a complete product range, solid technical support and long term corporate stability.

Read More »

Pineapples live the sweet life with Agrico irrigation project

The rich soil of Norsa farm provides the perfect growing spot for pineapple. But with a significant height difference between the water source and crops, designing an efficient irrigation system is not a straightforward task. In 2016, Rhodes food group entrusted the irrigation giant Agrico to design an irrigation system for the cultivation of pineapples here.

Read More »

Load capacity drive solar irrigation project near Tzaneen

The need to improve load capacity and mitigate energy costs was the primary catalyst behind the recent installation of a solar energy system near Ohrigstad. Agrico Tzaneen wanted to ensure their client Cor Cross enjoyed uninterrupted irrigation and minimal crop and yield losses. With some help, they pulled off a solar system which achieves exactly this. 

Read More »